Afrikaans.Radio rooi logo met ’n spraakborrel-ikoon en ’n speelknoppie, wat Afrikaanse radio en digitale klankplatform verteenwoordig.
24 Julie 2024

Regte Nuus en Groen Speletjies in Parys

Kom KLETS saam!

Stuur vir die KLETS span ‘n epos

Dis tyd vir nog ‘n KLETS en hierdie keer met “regte nuus”! In hierdie episode het ons die joernalis, Izak du Plessis van Nuuspod, by ons.

Izak KLETS saam oor die Regering van Nationale Eenheid en President Cyril Ramaphosa se toespraak tydens die opening van die parlement. Izak gee sy mening oor waar die RNE dalk kan sink soos ’n Titanic op ’n koue Donderdagaand. Is daar dalk ’n ysberg op die horison?

Daarna neem ons ’n draai oor die Atlantiese Oseaan en bekyk die Amerika situasie met Biden en Harris. Is Harris die antwoord of ’n disaster waiting to happen?

En dan, net om dinge bietjie sportief en groen te hou, gesels ons oor die naderende Olimpiese Spele in Parys. Hulle gaan so groen dat nie net hul bestaande infrastruktuur weer gebruik gaan word nie. Ja, jy hoor reg – dit is herwinning op ’n heel nuwe level!

https://www.youtube.com/@Nuuspod

Podsending
| KLETS | Regte Nuus en Groen Speletjies in Parys