Donker die Donner in
Die span is terug na ‘n week van donkerte in Pretoria. Matthys se frustrasie oor die gebrek aan krag is duidelik, en dis “DA” waar die kak begin. Mense op die pad laat Colene wonder of ons nog menslik is en waarheen die mensdom op pad is.
Hou jou asem op! Môre, , is SONA, en Colene bespiegel oor wat President “Squirrel” Ramaphosa hierdie keer sal aankondig.
Die Kintsugi Queen, Yoke van Dam, van y-connect gesels met ons oor leierskap, die invloed van “work from home” op besighede en spanne, asook hoe om die verskillende generasies in ‘n span beter te verstaan en te bestuur.
Indien jy met Yoke wil kontak maak om jou span vir 2024 ‘n hupstoot te gee, kontak haar gerus by – https://linktr.ee/y_connect