Melt gee ‘n noukeurige analise van wat bedoel word met “gemotiveerd” as mense sê “vloek moet gemotiveerd wees”. Hy identifiseer spesifieke parameters waaraan die gemotiveerdheid gemeet kan word. Hy praat ook – gebaseer op sy eie ervaring – oor die verskille tussen komedie, skerpsketsery, roskamming (“roast”) en improvisasiekuns. Ter afsluiting gee hy insig in die wêreld van oorklanking.
Gerhard B van Huyssteen is ‘n professor in Afrikaanse taalkunde en taaltegnologie aan die Noordwes-Universiteit.
NB: Menings wat deur gaste in hierdie reeks uitgespreek word, verteenwoordig nie die menings van die onderhoudvoerders nie. Insgelyks verteenwoordig geen mening of uitspraak in hierdie podsendingreeks die opinie van die Noordwes-Universiteit, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, BlueTek Computers, watkykjy.co.za of Afrikaans.Radio nie.
Deel hier:
Bly op datum. Teken vandag in!