Stap saam met my in ‘n Woud…
Waarom sal mens ‘n woud-meditasie doen? Die natuur het ‘n kalmerende ivloed op jou en hierdie meditasie help om spanning te verlaag. Soos wanneer jy diep in ‘n woud gaan sit en na geluide van voëls en die ritsel van blare tussen die bome luister… Lees meer hier!
Om my Aandag te Vernou en te Vernuwe
As jy jou aandag fokus, letterlik vernou, vernuwe dit jou denke, dit is aandagsvernuwing. Jy kyk letterlik met nuwe oë na die lewe. Onthou jy, toe ons kindertjies was, het ons op die grond gelê en na die wolke gekyk soos dit beweeg. Na so ‘n sessie voel mens sommer LEWENDIG.
Daardie paar minute, waarin ons net fokus op een objek of gebeurtenis, sonder om verder te dink of dit te prober identifiseer, of daaroor mymer, restoureer ons breingolwe en vernuwe ons denke. Lees meer hier!
My Hande
Hierdie is ‘n meditasie om jou hande te waardeer en te eer. Ons gaan dieper kyk na alles wat jou hande vir jou beteken, al aangeraak en vermag het. As mense neem ons, ons hande as vanselfsprekend maar jou hande maak kennis en ontdek die wêreld. Jou hande net soos jy is uniek, en dit wat hulle al ervaar of vermag moet ons waardeer en eer. Lees meer hier!
Ek Is – Ewig
Neem ‘n blaaskans. Hierdie is ‘n baie kort meditasie waarin jy letterlik gelei word om ‘n blaaskans te neem, in jou asemhaling, jou gedagtes, jou wese. Wanneer stilword en pouses tussen dagtake ‘n gewoonte word, word ‘n mens kalm, begin jy die lewe in perspektief ervaar en gee jy jouself geleentheid om meer in die oomblik, met fokus, te leef. Lees meer hier!
Ek Is – Outentiek Ek
EK IS – Oorwinning
Hierdie meditasie gaan jou help om ‘n lewe van OORWINNING te leef, jou help om die lig wat binne jou is, helder te laat skyn. Ons gaan daaraan werk om hart, siel en verstand te verbind, met kragtige “EK IS” – bevestigings. Lees meer hier!
Bly op datum. Teken vandag in!