Om te eet of nie te eet nie? Die prys van kos styg maand tot maand. Dit wat jy vandag koop in die winkels is tot 30% duurder as wat dit ‘n paar maande gelede was. By watter supermark kry jy die beste “deal”?
Die volgende paar maande kan verskeie faktore bydra tot verdere verhogings in inflasie, insluitend die wisselkoers en volgehoue beurtkrag in Suid-Afrika. Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) het in sy Februarie-verslag oor voedselinflasie aangedui dat beurtkrag reeds aansienlike koste tot die produksie van waardekettings bygedra het.
Volgens die BFAP was die hoogste jaarlikse inflasie waargeneem by brood en grane, gevolg deur olie en vet, groente en vleis. Daarteenoor het vrugte met ‘n jaarlikse inflasiekoers van 3% die laagste styging getoon. ‘n Aantal produkte wat as stapelvoedsel in baie huishoudings dien, het die afgelope jaar tussen 10% en 30% duurder geword, soos mieliemeel, brood, pasta, maalvleis, bevrore hoenderstukke, T-been, ham, spek, meel, margarien, grondboontjiebotter, geblikte tuna, uie, soetrissies, appels, pynappels, spinasie, kool, pampoen, wortels en aartappels.
Blaarslaai, brokkoli, beet, sampioene en patats het tussen 10% en 20% in prys gestyg. Ander items wat tussen 6% en 10% duurder geword het, sluit ribtjops, bevrore visvingers, cheddarkaas, suurmelk, jogurt, suiker, vrugtesap en suikerhoudende drankies in.
Deel hier:
Bly op datum. Teken vandag in!