Dirk Scheepers Program

Sake wat Afrikaners raak. Kom gesels saam oor Afrikaners, ons uniekheid, ons voorkeure, ons swakhede, ons geite en geskiedenis. Die Dirk Scheepers program is beskikbaar op alle goeie potgooi toepassings.

Dr. Danie Langer – Voortrekkermonument

Dirk gesels met Danie oor die Voortrekkermonument (VTM), sy visie vir die toekoms en hoe dit gaan met die omdraai-strategie.

Die Voortrekkermonument is meer as net ’n erfenisbewaringsterrein. Dit is Afrikaners se kultuurtuiste waar almal welkom is. Dit is ’n baken van hoop wat jy uit enige rigting van Pretoria kan sien. Lees meer hier!

Jaco Kleynhans en Werner Human in Austin, TX

Dirk kon gesels met Jaco and Werner op hul besoek aan Amerika en gesels oor die Solidariteit Beweging, hul persoonlike aansporing en die omarming van Afrikaners in die diaspora. Lees meer hier!

Dawie Roodt

Dirk se geselsie met Dawie begin heel lig en word stelselmatig ‘n rou gesprek oor die lewe, konstante selfverbetering en ‘n boodskap van hoop in ‘n donker tyd. Lees meer hier!

Big Daddy Liberty – Sihle Ngobese

In hierdie episode gesels Dirk met Sihle Ngobese, oftewel Big Daddy Liberty, oor ras, kultuur, vryheid en geloof. Lees meer hier!

Flip Buys

Dirk kon net voor die staatsinperking met Flip Buys gesels. Hulle raak aan verskeie onderwerpe, soos die artikel wat Flip geskryf het, eie arbeid, en die belangrikheid van met mekaar praat. Lees meer hier!

Hak af jou karretjie van die Republiek (sover moontlik)

In hierdie episode kom Dirk met ‘n kort boodskap van hoop vanuit Amerika: Probeer nie te veel die probleme van ‘n sekere land waarin jy jouself bevind te internaliseer nie. Veral as die land nie goedgesind is aan jou as minderheid nie. Lees meer hier!

Charl & Liza-Marie Oberholzer

Charl & Liza-Marie is die eienaars van De Afrikander Handelshuis asook die REPUBLK handelsmerk. Hulle het met Dirk gaan praat oor geskiedenis, podsendings, identiteit en waarom Afrikaners so lief is om “New York” hemde te dra. Lees meer hier!

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet van Wêreldwyd gesels met Dirk oor Afrikaners in die diaspora. Lees meer hier!

Erns van Zyl (Conscious Caracal)

In hierdie episode gesels Dirk met Ernst oor sy werk by Afriforum, anonimiteit op die internet, sy opinie oor die toekoms van podcasts/alternatiewe media en identiteitspolitiek. Lees meer hier!

Jacques Basson

Die kragtige Jacques Basson van die Klipkouers potgooi is vandag Dirk se gas. Hulle raak aan verskeie onderwerpe soos besigheid, entrepeneurskap, Afrikanerskap en nog vele meer. Lees meer hier!

Emile Coetzee

In hierdie episode gesels Dirk met Emile Coetzee van Eensgesind. Hulle praat oor die toekoms van podsendings, die geskiedenis en nog vele meer. Lees meer hier!

Johan Wolfaardt

Johan Wolfaardt is die kurator van die President Marthinus Wessel (MW) Pretorius huismuseum in Potchefstroom. Dirk het met hom gaan gesels met sy besoek tydens Aardklop en die gesprek het gegaan oor Afrikaner-identiteit, die Voortrekkers en nog baie meer. Lees meer hier!

Helen & Max se gesprek

Dirk gesels in hierdie episode oor die gesprek tussen Helen Zille & Max du Preez op haar nuwe Podcast, Tea with Helen. Lees meer hier!

Mens weet nooit tot jy vir jouself gaan kyk nie – Orania

Dirk het uiteindelik gaan draai in Orania en vir homself gaan kyk hoe lyk dit in hierdie Afrikaner-dorp. Lees meer hier!

Die Staat teenoor Die Gemeenskap, Zille vs Buys

In hierdie episode kyk Dirk na die idee van die bekwame staat as oplossing vir Afrikaners, teenoor ‘n gemeenskap wat vir haarself sorg. Hy gebruik uittreksels vanuit gesprekke met Helen Zille en Flip Buys. Lees meer hier!

Martijn van Helvert, Kragdag en Bezuidenhout wen in Spanje

In hierdie episode gesels Dirk oor Martijn van Helvert, “Kragdag” en Christaan Bezuidenhout wen in Spanje. Lees meer hier!

Solidariteit Netwerk, Gerda Steyn wen die Comrades

In hierdie episode gesels Dirk oor die Solidariteit-Netwerk en Gerda Steyn wat die Comrades wen.  Lees meer hier!

Schalk van Heerden (Betereinders)

In hierdie onderhoud-episode gesels Dirk met Schalk van Heerden van die BetereindersLees meer hier!